Algemene Jaarvergadering // Arbeidskonferensie // 8 Junie 2017

Baie dankie aan diegene wat ons 17de Algemene Jaarvergadering op 8 Junie bygewoon het.

Aangesien die weer en ander geleenthede baie van u verhoed het om die konferensie, wat die AJV voorafgegaan het, by te woon, heg ons hiermee die sprekers se toesprake aan.

Minister Winde, wat ook die geleentheid as gevolg van die brande in die Suid-Kaap misgeloop het, se toespraak is voorgehou deur Me Joyene Isaacs, Departementshoof, Departement van Landbou en die belangrike onderwerp van klimaatsverandering is in detail behandel deur Prof Stephanie Midgley.

Let asb ook daarop dat Prof Midgley beskikbaar is om met belangstellendes te vergader. Kontak gerus ons kantoor in die verband.

Prof Stephanie Midgley

Minister Alan Winde