Inligting
Die insameling, kontrolering en verspreiding van inligting oor arbeidsaangeleenthede is een van die sleutel funksies van die KAW.
Ons doen dit deur:
- Die beskikbaarstelling van 'n 24uur-noodlyn waar gratis kundige advies oor enige arbeidskwessies verkry kan word
- Gereelde gratis elektroniese nuusbriewe oor verwikkelinge op arbeidsterrein wat lede raak, insluitende wetgewing
- Die hantering van navrae dmv. sosiale media
- Gratis generiese menslike hulpbron handleiding en verskeidenheid pro-forma kontrakte bv. dienskontrakte, behuisingsooreenkomste, ens.