KAW Advies en Konsultasiediens
'n Paneel van ervare menslike hulpbronspesialiste uit verskillende dele van die Wes-Kaap is gekeur om lede by hulle werkplekke van advies en leiding te voorsien – advies wat strek oor die hele Menslike Hulpbronterrein;
- van werwing,
- vergoeding,
- opleiding,
- dissipline,
- loononderhandeling, en
- algemene arbeidsbetrekkinge -
- ook statutêre opgawes soos tov. die Diensgelykheidswetgewing.
Die lid kontrakteer onafhanklik met ‘n kundige van sy keuse, en die kundige faktureer vir sy eie rekening die lid. Dié kundiges is onderworpe aan die bepalings van ‘n Etiese Gedragskode van die KAW.