Verteenwoordiging by KVBA

Die Wet op Arbeidsverhoudinge bepaal dat wanneer ‘n werkgewer deur ‘n werker voor die KVBA (CCMA) gedaag word die werkgewer tydens die verhoor ‘n eksterne kundige mag gebruik om hom by te staan slegs indien die werkgewer ‘n opbetaalde lid is van ‘n geregistreerde werkgewersorganisasie, en die kundige in diens is van daardie werkgewersorganisasie.

Die KAW is sodanig geregistreer, en het elf van die menslike hulpbron spesialiste aangestel as dispuutresolusiebeamptes om lede by prosesse van die KVBA te verteenwoordig.

Vir hierdie verteenwoordiging word die beampte deur die KAW vergoed, mits die koste nie meer is as die jaarlikse ledegeld nie. Die koste wat gedra word sluit voorbereidingstyd, reistyd, reiskoste, en die tyd wat die verhoor duur in. Indien die koste meer is as die jaarlikse ledegeld faktureer die KAW die lid vir die bedrag waarmee die ledegeld oorskrei is. 

KAW inligting