Groot veranderinge aan gelyke indiensneming verslagdoening

Verslae moet tussen 1 September 2019 en 15 Januarie 2020 elektronies ingedien word by die Departement van Arbeid deur aangewese werkgewers. Veranderinge is aangebring in terme van die EEA4 (verskille in inkomste verslag).

Die volgende veranderinge, vervat in die nuwe verslag, is belangrik:

  • Dit vra nou inligting rakende die verskil tussen die vergoeding van die hoogs en laags betaalde individue in die organisasie en nie meer die totaal van alle werknemers op elke vlak per ras en geslag nie.
  • Onder veranderlike vergoeding moet aandele gebasseerde toekennings en dividende betaal, bekend gemaak word.
  • Dit vereis dat die gemiddelde vergoeding die mediaan vergoeding en die vergoedingsgaping openbaar gemaak word en dat daar ‘n beleid in plek is om die vertikale gaping tussen hoogste en laagste betaalde individue aan te spreek en dat die beleid die grootte van die vertikale gaping moet aandui (bv. 10x, 15x, 20x).

Die volgende vrae moet ook beantwoord word:

  • Wat is die gemiddelde jaarlikse vergoeding van die top 10% werknemers?
  • Wat is die gemiddelde jaarlikse vergoeding van die laagste 10% werknemers?
  • Is die besoldiging-gaping tussen die hoogste en laagste betaalde werknemers in u organisasie in ooreenstemming met bogenoemde beleid?
  • Bevat die Gelyke Indiensnemingsplan regstellende stappe om die vergoedingsgaping aan te spreek?
  • Wat is die redes vir inkomsteverskille wat op u organisasie van toepassing is?

Bykomend tot heelwat meer aanlyn verslagdoeningsvereistes, is dit duidelik dat ‘n beleid in plek moet wees om die vertikale gaping in vergoeding aan te spreek en om die Gelyke Indiensnemingplan aan te pas by die beleid wat natuurlik ‘n invloed sal hê op die regstellende aksie doelwitte en teikens daarin vervat.

Met erkenning aan:

Bernard van der Walt
Cell: +27 82 885 0991
Email: bernard@grtweb.co.za

Kliek hier vir Staatskoerant no. 10975 – 08 August 2019