KAW Arbeidskonferensie // 24 Mei 2018

GELEENTHEID VAN SPESIALE BELANG VIR PRODUSENTE & ANDER BELANGSTELLENDES

Die Kaapse Agri Werkgewersorganisasie (KAW) maak met genoë die aanbied van sy jaarlikse KONFERENSIE oor AKTUELE LANDBOU ARBEIDSAKE bekend. Soos in die verlede beloof dit om weer ‘n móét te wees vir produsente en alle rolspelers in landbou.

Besonderhede is as volg:

Datum : Donderdag 24 Mei 2018
Tyd: 09:45 tot ± 13:00 (Registrasie en koffie/tee vanaf 09:15)
Plek: Klein Joostenberg, R304 Muldersvlei, Stellenbosch

Sprekers:

Nicola Weimar, Senior Economist, Nedbank Group – “SA Economic Outlook and Risks”
Prof. Johann Kirsten, Director at BER, University of Stellenbosch – “A sober look at the land reform debate in South Africa
• Alg Jaarvergadering: Die verrigtinge word afgesluit met formaliteite vir die Jaarvergadering en ‘n ligte middagete.

Die bywoningsfooi vir opbetaalde lede is ‘n gesubsidieërde R450 per persoon (ook vir personeel van lede), terwyl die fooi vir ander belangstellendes R600 is.
Vir besprekings e-pos die name van persone wat wil bywoon en u lidnommer na caeo2@maxitec.co.za teen 18 Mei.