KAW Konferensie & Algemene Jaarvergadering op 9 Junie 2014

Ons Arbeidskonferensie op 9 Junie te Stellenbosch het baie sinvol verloop. Prof Willie Breytenbach van die Universiteit van Stellenbosch het die gaste toegespreek oor die uitslag van die afgelope nasionale verkiesing en wat dit vir landbou inhou. Hy meen dat daar min verrassings in die verkiesing opgelewer is, behalwe dat belangrike tendense gevestig is. Die tweede spreker was Dr John Purchase, die uitvoerende hoof van Agbiz, wat ook die dryf is agter die sekretariaat van ASUF. Hy noem dat ASUF al beduidende vordering gemaak het met eenheid in ge-organiseerde landbou, maar erken dat daar steeds baie is wat moet gebeur. Die volgende 5 jaar gaan moeilik wees, maar die oorgang kan ‘n groot sukses wees as elkeen sy rol speel. Kyk die aangehegte vir hulle aanbiedings.

Ons Algemene Jaarvergadering het daarna gevolg waar die huidige uitvoerende komitee weer eenparig herkies is. Die finansiële state is goedgekeur en die aanbeveling van die UK dat ledegeld met ingang van 1 Maart 2015 verhoog word met R100 (7.1% pj.) tot R1500-00 per jaar is ook aanvaar. Die KAW bedank almal vir hulle bywoning, die Konferensie was ‘n groot sukses met baie positiewe terugvoering.

Prof Willie Breytenbach – Verkiesing

Dr John Purchase – ASUF