Nasionale Minimumloon 2019

Soos u reeds weet het die President op 23 November die volgende wette ondertekening wat op 1 Januarie 2019 in werking sal tree:

1. Nasionale Minimumloonwet
2. Wysigingswet op Basiese diensvoorwaardes
3. Arbeidswysigingswet
4. Arbeidsverhoudinge-wysigingswet

• Wat die nasionale minimumloon van R20 per uur betref sal landbou op 1 Januarie 2019 R18 per uur moet betaal. Die datum waarop die volle minimumloon (R20) betaalbaar sal wees sal op ‘n later stadium bepaal word.
• Die Wet op Basiese diensvoorwaardes bepaal onder andere dat ‘n werknemer wat onder die vergoedingsdrempel val minstens vir 4 ure vergoed moet word. Met ander woorde, ‘n werker wat op versoek van die werkgewer minder as 4 ure se diens verrig moet minstens vir 4 ure vergoed word. Die Arbeidswysigingswet maak voorsiening vir Ouerskapsverlof van 10 aaneenlopende dae onbetaalde verlof. (Die persoon wat dit neem sal dan nie ook die 3 dae menslikheidsverlof kan neem ten opsigte van die geboorte van ‘n kind nie). Die werknemer sal wel WVF kan eis.
• Die Wet op Arbeidsverhoudinge verplig Vakbonde om ‘n stemming te hou voor gestaak mag word en die KVBA sal tussenbeide kan tree indien stakings geweldadig word, of waar dit nie meer in openbare belang is nie. Dit vereis verder dat n Komm van die CCMA “picketing rules” moet vasstel alvorens ‘n serifikaat wat n staking toelaat uitgereik mag word.

Soos bykomende inligting beskikbaar word, sal ons ons lede dienooreenkomstig inlig.

*President Cyril Ramaphosa het op Vrydag 7 Desember 2018 verkondig dat die datum van implimentering wel 1 Januarie 2019 is.

 

Basic Conditions of Employment Amendment Act, 2018

Labour Laws Amendment Act, 2018

Labour Relations Amendment Act, 2018

National Minimum Wage Act, 2018