Oor Ons
Sedert sy stigting in 1998 is die bestuur van die KAW in die hande van Wes-Kaapse produsente, wat sy primêre bedieningsveld uitmaak. Die KAW is by die Registrateur van Arbeidsbetrekkinge geregistreer as werkgewersorganisasie ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge van 1995, en is 'n organisasie sonder winsoogmerk.
Die bestuur van die KAW is in die hande van‘n Uitvoerende Komitee bestaande uit produsente wat jaarliks deur die Algemene Jaarvergadering verkies word. Die lede van die huidige UK is:
Voorsitter
Francois Malan
Francois is mede-eienaar en uitvoerende hoof van Simonsig Landgoed van Stellenbosch. Hy is ook een van die stigterslede van die KAW (1998).
Deidre Eigelaar
Achtervlei, Piketberg.
`n Kompulsiewe leser, `n kind van die Klein Karoo en `n ewige student wat `n leeftyd lank, sonder dat dit so beplan is, in die landbou betrokke is. Landbouers is die planmakers, die aanpassers en die kosmakers wat inspireer – helaas is dit `n voorreg om by Landbou betrokke te wees.
Albert Rust
Mede-eienaar en Algemene Bestuurder van Glenbrae Farm in Grabouw.
Louis Wessels
Is ʼn toegelate prokureur wat as Bestuurder van Regsdienste en Administrasie by Agri Wes-Kaap werksaam is en dien ook op die dagbestuur van Agri SA se Arbeid: Sentrum van Uitnemendheid. Het in 2022 ʼn MBA kwalifikasie aan die Stellenbosch Besigheidskool behaal.
Orla du Toit
Orla is getroud met Calla en het 5 kinders. Hulle woon op Ouplaas in die Witzenbergvallei naby Ceres, waar hulle met appels en pere boer. Orla behartig die finansies van die plaas.
Dawie van Deventer
Little Oaks Droëvrugte
Dawie is in 1980 in Montagu gebore waar hy nogsteeds met kern en steenvrugte boer. Hy is lief vir die wêreld en sy mense daar in Montagu. Dawie is getroud met Hesmari en het drie seuns. Landbou is vir hom ‘n leefstyl met ‘n klomp uitdagings wat dit baie interessant maak.
Die UK het die volgende, baie ervare, menslike hulpbron-spesialiste op die Komitee ge-koöpteer.
Die KAW beskik oor 'n paneel van kundiges wat oor dekades reeds diep spore in die vrugte-, wyn-, en verwante bedrywe getrap het, en wat oor dié tyd menslike hulpbron praktyke help vestig het wat Wes-Kaap se landbou 'n trotse leier op dié gebied gemaak het. Dít, saam met sy sterk lede-basis, maak dat die KAW gesag afdwing by die owerheid, ge-organiseerde landbou, bedryfsorganisasies en ge-organiseerde arbeid.
Behalwe vir die persone hierbo genoem wat op die UK ge-koöpteer is, is die volgende persone op dié paneel:
Douglas Holwill - Strand. Sel: 083 658 0523
Paul Maritz - Brackenfell. Sel: 082 897 1359
Renaldo van Hoogstraten - Durbanville. Sel: 082 578 4802
Lianè Cilliers - Robertson. Sel: 084 457 7953
Van Zyl Visser - Gordonsbaai. Sel: 082 829 8744
Wynand Viljoen - Paarl. Tel: 083 658 7307 of 081 393 1628
Anton Schoeman - De Rust. Sel: 082 843 8824
Rolene van Zyl. Montagu. Sel: 079 494 3470
Bestuur en Administrasie
Uitvoerende Beampte
Ciske Oosthuizen
Ciske Oosthuizen, ‘n toegelate prokureur, is al sedert 2013 werksaam by die KAW vanuit die kantoor in die Paarl.
Kantoor: 082 698 8216
Voltooi die aansoekvorm en stuur aan caeo2@maxitec.co.za as u belangstel in lidmaatskap.