Strategië om Nuwe Minimum Loon te Akkommodeer

Ons het belowe dat ons ‘n opsomming sal maak van dit wat ons tydens die afgelope roadshows aan boere voorgehou het as opsies om die verhoogde minimum lone te hanteer, en veral die vrae wat gevra is, en antwoorde wat verstrek is. Geoordeel aan die opkoms by die inligtingsessies (‘n totaal van 1050 oor vier dae) was dit baie nodig, en kon meeste boere gehelp word met deurdagte alternatiewe, wat ons kortliks hier weergee.

Boere is aangeraai om te fokus op:

  • die kritiese hersiening van produksie standaarde;
  • die herstrukturering van die totale salaris/-loonrekening;
  • die herstrukturering van die personeel/-arbeidsmag;
  • die oorweging van ‘n aansoek om vrystelling.

 Nuusbrief Februarie 2013