Verligting van die Minimum Loon

Werkgewers wat bewys kan lewer dat hulle nie die Nasionale Minimum Loon kan bekostig nie kan aansoek doen vir verligting soos verduidelik in die Staatskoerant aangeheg.

Let net daarop dat volledige finansiële state ingesluit moet word by die aansoek, dat die vergunning, indien goedgekeur, gewoonlik net vir 1 jaar geldig is en dat daar dan steeds 90% van die R21.69, dws R19.52 per uur betaal sal moet word.

Dit sal baie help indien u werknemers (en waar van toepassing, ‘n Vakbond) ook hulle toestemming gee.

Indien u oorweeg om of u personeel te besnoei of van u voordele in te kort sal ons aanbeveel dat u regsadvies sal inwin of dit in samewerking met u Werkgewersvereniging of menslike hulpbon-praktisyn sal aanpak. Wetgewing hieromtrent is baie streng en beste is om dit 100% volgens die voorgeskrewe prosedures te doen.

GZ Verligting van Min Loon