Werwing van Agriwerkers

Dit is onder ons aandag gebring dat enkele produsente dalk van werwingsagentskappe sowel as Tydelike Werkverskaffingsdienste (TES) gebruik maak wat nie ten volle aan arbeidswetgewing voldoen nie. Dit word van sulke agentskappe/dienste verwag om by die Departement Arbeid geregistreer te wees en bewys daarvoor te toon. Wetgewing verbied ook dat enige werwingpersoon of agentskap meer as R1 registrasiefooi verhaal.
Maak dus seker dat die agentskap of diens wat u gebruik aan hierdie vereistes voldoen.
Verder gebruik produsente dikwels hulle eie personeel, bv. toesighouers, om seisoenswerkers te werf. Die versoeking is dus groot om of gelde of ander nie-monitêre vergoeding te vra in ruil vir werk. Ons wil dus voorstel dat produsente almal wat verantwoordelik vir werwing is, ‘n verklaring laat onderteken dat hulle hulle nie hieraan skuldig sal maak nie.
Eweneens stel ons voor dat alle nuwe agri-werkers met aanvang van hul diens skriftelik verklaar dat hulle die werk bekom het sonder enige vorm van omkoop.