Arbeidsnuus
𝗖𝗢𝗦𝗔𝗧𝗨 kondig Nasionale Dag van Protes aan – 7 Oktober 2025
COSATU het op 16 September 2025 'n Artikel 77 kennisgewing aan Nedlac bedien met hul voorneme om op ...
Labour Relations Act, 1995: Code of practice: Dismissal
On 4 September 2025, the Department of Employment and Labour published a new Code of Practice on Dismissal. ...
WAGE & SALARY SURVEY – 2025
With the assistance of Andries Laker, our Wage and Salary Survey for the primary agricultural sector is once ...
Welkom by die KAW!...ons is hier om
- Namens lede inspraak te maak ('lobby') op daardie plekke waar besluite geneem word wat hulle raak (wetgewing, regulasies, arbitrasie, mediasie en onderhandelinge);
- Lede ingelig te hou oor verwikkelinge op dié terreine;
- Lede van die beste advies en hulp tov. arbeidskwessies by hulle werkplekke te bedien; en
- Wanneer nodig professionele verteenwoordiging by KVBA prosesse te verskaf.
In die nastreef van hierdie doelwit wil die KAW gesien wees as 'n progressiewe toekomsgerigte organisasie wat waardes soos menswaardigheid, respek en deursigtigheid toepas.
Die rol van 'n Werkgewersorganisasie soos die KAW is om belange van sy lede op die komplekse arbeids-terrein te verteenwoordig en bevorder. In landbou is hierdie terrein waarskynlik meer kompleks as in meeste ander sektore, en produsente ondervind toenemend:
- Dat hulle toegegooi word met nuwe arbeidswette, -regulasies, reëls en etiese en ander oudits waaraan hulle moet voldoen;
- Dat dit moeiliker word om by te bly met hierdie stroom vereistes, laat staan nog voldoen daaraan ook;
- Dat dit hulle aandag toenemend aflei van hulle hooftaak om hulle besighede suksesvol te bedryf.