Billike Ontslag Werkswinkel – 18 Mei 2016 – Koue Bokkeveld en Ceres
Twee van ons beamptes, André Bloem en Ninon MacKinnon, bied op 18 Mei ‘n werkswinkel aan te Kaleo gasteplaas, Koue Bokkeveld. Die Werkswinkel het ten doel om;
Die produsent (Werkgewer) en/of sy Bestuurder/s of toepaslike personeel verantwoordelik vir dissipline, in staat te stel om;
- Die korrekte dissiplinêre prosesse te volg,
- Die korrekte terminologie te gebruik by die uitreiking van Waarskuwings en Kennisgewings vir Verhoor,
- Onderskeid te kan tref tussen onder andere; Dros vs Afwesigheid, Dronk vs Onder invloed, ens.
- Meer voorbereid te wees tydens Dissiplinêre Verhore,
- CCMA prosesse te verstaan,
- Ingelig te wees oor risiko’s met betrekking tot Vaste Termyn Kontrakte en hoe om dit te vermy,
- Diskriminasie in die werkplek te indentifiseer en te bestuur