Departement van Arbeid // Jaarverslag 2015 – 2016
Ons het versoek dat die Departement hierdie jaar die Wes Kaap se “ Sec 13 compliance report” in meer detail vir ons laat kry sodat ons presies weet waar die nie-nakomings is. In die verlede het ons (en die pers!) net verneem hoeveel nie-nakomsbevele daar was en nie die ernstigheidsgraad daarvan nie. Ons vertrou dit sal ‘n beter perspektief verleen en ons ook in staat stel om aandag te skenk aan die areas waar daar afwykings is.