Gelyke Indiensneming
Ons herinner graag ons lede daaraan dat diegene met 50 of meer werknemers of ‘n omset (in landbou) van R6m of meer (“designated employers) hulle vorms sedert 1 September kan voltooi.
Kontak ons indien u verlang dat een van ons Beamptes u help hiermee.
Daar word verwag dat nuwe wetgewing in hierdie verband volgende jaar in werking sal tree wat onder andere sektor-spesifieke teikens sal behels omdat die Direkteur: Gelyke indiensneming van mening is dat huidige wetgewing nie die gewensde resultaat het nie.
Ons sal lede op hoogte hou.