Inligtingsessies

Hoe moet boere die uiters ongunstige aangekondigde minimum lone vir plaaswerkers hanteer? Ons word oorval met navrae van boere, en hoewel ons baie kan reghelp is sommige kwessies baie moeilik om sinvolle antwoorde voor te gee. Mens sal moet saamstaan om ‘n beter bedeling te bewerkstellig. In ‘n poging om boere beter in te lig oor die aard en omvang van die hoër minimum loon, en hoe boere dit sal moet hanteer, het KAW in samewerking met AgriWes-Kaap en die bedryfsorganisasies, ‘n reeks inligtingsessies of ‘roadshows’ gereël soos hieronder uiteengesit. Alle boere word uitgenooi om dit by te woon, en ons vertrou dat ons saam ‘n beter bedeling sal kan uitwerk.

Nuusflits Februarie 2013 nr 3