Gelyke Ouerverlof

KAW NUUSFLITS: Gelyke Ouerverlof
Konstitusionele Hof Uitspraak – 3 Oktober 2025
Die Konstitusionele Hof het beslis dat sekere van die bepalings wat handel oor kraam-, ouer-, aannemings- en surrogaatverlof soos vervat in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (BCEA) ongrondwetlik is, omdat dit teen vaders en ander ouers diskrimineer.
Wat beteken dit?
- Alle ouers (biologies, aannemings- en surrogaat) is nou geregtig op vier (4) maande en tien (10) dae ouerskapsverlof, wat hulle kan deel soos hulle verkies.
- Die biologiese moeder moet steeds die voorgeskrewe hersteltyd ( 6 weke) neem na geboorte.
- ’n Vader wat op ouerskapsverlof aanspraak maak, moet volgens die Kinderwet ouerlike regte en verantwoordelikhede oor die kind aanvaar het.
- As net een ouer werk, kry daardie ouer die volle verlof.
- As ouers nie saamstem oor die verdeling nie, moet die verlof so gelyk moontlik verdeel word.
- Hierdie verandering geld met onmiddellike effek, maar die Parlement het 36 maande om huidige wetgewing, insluitend die Wet op Werkloosheidsversekering, formeel te wysig en nodige veranderinge aan te bring.
Betaling
- Die verlof is tans onbetaald, aangesien die UIF-wetgewing nog nie aangepas is nie.
- UIF-voordele het nog nie verander nie en bly tydelik beperk tot die vorige bepalings.
Wat moet werkgewers doen?
- Laat werknemers toe om vir ouerskapsverlof aansoek te doen.
- Vra vir bewys van geboorte/aanneming en ’n verklaring oor hoe die ouers die verlof verdeel.
- Merk die verlof as “Parental Leave (Unpaid)” op die betaalstelsel.
- Hersien beleide en dienskontrakte om die nuwe wysigings te weerspieël.
Die regering het tot 2027 om die wetgewing te wysig,tot dan moet werkgewers die uitspraak nakom en diskriminasie vermy.