Vrystellingspermitte weer verleng – Des 2023
Gazette-Lesotho-Special-Dispensation-4-Dec-2023
Gazette-Zimbabwean-Special-Dispensation-4-Dec-2023
Zimbabwe-Directive-No4-of-2023
Minister Aaron Motsoaledi het aangekondig dat Vrystellingspermitte vir Zim en Lesotho Burgers vir twee jaar verleng word.
Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi het aangekondig dat die spesiale permitte van Zimbabwiërs en burgers van Lesotho wat in Suid-Afrika woon, verleng is tot November 2025. Die sogenaamde ZSP, die spesiale permit vir Zimbabwiërs sou in Junie vanjaar verstryk het, ná verskeie verlengings. Die verstryking is egter opgeskort ná hofbeslissings dat dit ongrondwetlik sou wees om die permitte te beëindig. Meer as 178-duisend Zimbabwiërs is houers van dié werkspermitte. Die Departement wil in die Appèlhof teen die beslissing appèlleer.
Sien Staatskoerant aangeheg vir meer inligting.